headerwavessmall

Pous Benedik XVI Is nogsteeds Pous

Brian Murphy

26 Januarie 2020

Hierdie video met Afrikaanse teks duur 18 minute

Transkripsie

Pous Benedik XVI Is nogsteeds Pous

Hallo, Ek is Brian Murphy en ek praat met jou vanuit my kantoor in Suidelike Kalifornië.

Die doel van hierdie video is om ‘n duidelike en onvermydelike uitlegging te gee dat Pous Benedik XVI nooit geldiglik in Februarie 2013 uit die pous amp bedank het nie en daarom nogsteeds die pous is.

As Katolieke het ons nog altyd geglo en glo ons nogsteeds dat daar ʼn God is wat die Skepper van alles is en dat Sy Seun mens geword het om die mensdom te red; dat Hy gesterf het en uit die dood opgestaan het en dat Hy die een ware godsdiens die Katolieke Kerk vir die verlossing van almal gevestig het. Jesus is ons Here en Heiland. Hy is die enigste hoof van die Kerk. Met die doel om Sy kudde van valse herders en honger listige wolwe te beskerm het Hy aan Simon bar Jona ʼn mees ontsaglike gawe gegee, die Amp om namens Hom as Herder op Aarde op te tree. Hy het belowe dat die man wat hierdie amp betree nooit die geloof sou verloor nie en dat wat hy ookal op aarde bind sal in die hemel gebonde wees.  Hierdie is ontsaglike beloftes van ʼn ontsaglike God. Die amp van Petrus, is daarom nie net slegs iets gebruiklik, tradisioneel of hulpsaam nie. Dit is ʼn gawe vanuit die Mond van die Lewendige Mensgeworde God om ons te help om getrou te bly en om die Kerk van die Poorte van die Hel te beskerm. Om te weet wie Pous is, is daarom ʼn geloof en gemeenskaplike noodsaaklikheid. Indien ons verkeerd is, sal ons ʼn valse herder navolg. Dit is hoekom die Kerk vir ons Kerkwetgewing gee – om vir ons te laat weet wanneer en onder watter omstandighede ʼn man die ware pous word en onder watter toestande ʼn ware pous bedank.

Miskien is jy verward dat daar twee pouse in die Vatikaan is, en dat Benedik voortgaan om wit gewaad  te dra en die Pouslike ring te dra en voortgaan om die pouslike Naam Benedik te gebruik en te onderteken, dat hy in die Vatikaan woon en Apostoliese seënings gee wat slegs die pous kan doen en so voorts. Terselfdertyd mag jy met onsteltenis aankyk soos wat die man wat voorkom om die huidige pous te wees, Francis (of Kardinaal Bergolio) die Katolieke Kerk oor ‘n afgrond dryf met sy bevordering van godlasterlike Kommunies, die ontkenning van die geldigheid van die doodstraf in die natuurreg, bevordering van heidense afgodery en sy algehele globale Vrymesselaarse eenwêreldregering agenda in plek van die Evangelie van Jesus Christus.

Dit is ‘n ernstige saak! Dit is ‘n groot belediging aan die Goddelike Geregtigheid, en is ‘n gevaar vir siele om te glo dat die pous nie die pous is nie en om iemand anders na te volg asof hy die pous is. Elke Katoliek moet hulle alliansie reg kry.

Dit is bewysbaar vanuit Kerekwetgewing dat Benedik nooit geldiglik uit die amp in Februarie 2013 bedank het nie. Ja, wel die bediening, maar glad nie die pouslike amp nie. Ons sal sien dat hierdie onderskeid noodsaaklik is om te verstaan hoekom Benedik nogsteeds pous is, en Francis (Kardinaal Bergolio) daarom ‘n antipous is en hoegenaamd geen gesag in die Kerk het nie.  
   
Waarom is Pous Benedik XVI se bedanking ongeldig?

Om dit te verstaan moet ons na Benedik se Daad van Bedanking van 11 Feb 2013 kyk. Die hoofsaaklike probleem met hierdie Daad is dat nêrens noem Benedik dat hy uit die amp van die pousdom bedank nie. Die Latynse woord vir amp is “munus” wat ook as eer of verpligting vertaal word. In teenstelling noem hy alleenlik dat hy vanuit die bediening bedank.

Waarom is hierdie onderskeid so belangrik? Die rede is dat wat jy nie afsweer nie, behou jy nogsteeds. Vir die bedanking van die pousdom om geldig te wees moet die man wat pous is, uitdruklik die amp by die  naam afsweer. Dit word uitdruklik uiteen gesit in die 1983 se Kode van Kanoniesereg (Kerkreël 332.2)

Daarom vervul Bendict se afstanddoening nie aan die bedanking vereistes van die pouslike amp nie en is dit daarom ongeldig. Aangesien die bedanking ongeldig is, bly Benedik nogsteeds die pous totdat hy die amp afsweer of hierdie lewe verlaat.

Jy mag dalk wonder hoekom noem ons dit eers nou in 2019? Waarom het niemand in 2013 iets hieroor gesê nie? Waarom het niemand hieroor iets te sê gehad voordat Bergolio verkies was nie? Is ons aantuigings dalk ‘n slinkse onttrekking van die gruwels van ‘n bose maar tog geldige pous?

Hoeganaamd nie. In werklikheid so vinnig as wat Benedik se Daad van bedanking in 11 Februarie 2013 uitgekom het, het die Italiaanse en Fraanse pers binne ‘n dag uitmekaar twyfelagtighied oor die bedankings teks uitgedruk. Verdermeer het Prof Raaelli in Italië aan Benedik geskryf en hom gewaarsku dat ‘n antipous in sy plek verkies sal word indien hy met die stap voortgaan. So ons aantuigings is geensins ‘n slinkse onttrekking van die werklikheid nie soos wat die ondersteuners van die Beroglio regeringstelsel beweer nie.

Laat ons na enkele gewilde teenkantings kyk wat vorendag gebring word teenoor ons aantuigings, as verdediging vir die geldigheid van Benedik se bedanking.

Heel waarskynlik is die mees algemene fout wat begaan word om te beweer dat Benedik geldiglik bedank het, die beswaar dat die “munus” (amp) met alle voorneme en doeleinde dieselfde as die “ministerium” (bediening) is. So hulle sê dat Benedict inderdaad geldiglik bedank het.

Hierdie standpunt word deur Kerkwetgewing verkeerd bewys, aangesien bediening en amp in twee verskillende onderskeidbare Kerkreëls uiteengesit word. Ons sal uitdui dat die verdedigers vir Bergolio nooit hierdie Kanoniese definisies aanspreek nie en eerder ‘n versoek rig na gewilde Latynse woordeboeke. Nietemin is die enigste geldige beskrywing of definisie die wat in die Kerkwetgewing gedefinieër word.

‘n Ander beswaar wat gemaak word is om te sê dat die Pous nie aan Kerkwetgewing onderdanig is nie en enige manier kan bedank soos hy goed dink. Daar is twee foute hier. Die eerste is om die denke van die wetgewer wat die Kerleër bekragtig te veronagsaam.  Die Kerkreël wat pouslike bedanking dek was deur Pous Johannes Paulus in 1983 gekodifiseer. Dit is wel waar dat Benedik as Pous die opperste wetgewer van die Kerk is, maar eers moet hy die wet instel. Aangesien dit nie die geval is nie, bly Kerkreël 332.2 nogsteeds geldig en van krag. Benedik kon ‘n uitsondering uitgevaardig het van hierdie kerkreël ten opstigte van bedanking. Hy het dit geensins gedoen nie en is as sulks onderdanig aan hierdie reël. Let ook op dat die daad van afswering die daad van Benedik was, as die man wat pous is en nie ‘n regterlike daad van die pous is nie.

Die tweede fout is die verontagting van die aard van die Amp soos dit Deur Christus ingestel is. Die Seun van God het die amp van Petrus op een man gevestig en nie om deur meer as een persoon verdeel te word nie. Kerkwetgewing wat op Goddelike Regering gevestig is, moet vir geldigheid die wil van Christus weërspieël. Benedik het die situasie geskep waar daar twee Pouse is, een wat die amp besit en die ander afgevaardig is om die bediening te doen. Dit is teenstrydig met die wil van Christus.

So, die Pous kan nie bedank op die wyse wat hy goeddink nie.

Gedetaileerde Kanoniese verduidelikings is beskikbaar vir enigeen wat belangstel by die volgende webblad. ppbxvi.org (dit sal op die skerm geplaas word).

In teenstellling met hierdie besware, maak die duidelike kanoniese tradisie ‘n melding van munus (of een van die sinonieme) in die afswering van ‘n amp, maar geen melding ten opsigte van bediening nie.
  
Volgends hierdie inligting is ‘n Katoliek verplig om onderdanig aan Kerkwetgewing te wees en aan te neem dat Benedik in der waarheid nooit van die pouslike amp bedank het nie en daarom nogsteeds pous is.
  
‘n Ander beswaar teenoor ons bewering is om te sê dat die Kardinale opgetree het asof die bedanking geldig was. Maar om op te tree asof dit geldig was, maak dit nie geldig nie. Om op te tree asof ‘n kerkreël (hier reël 332.2) vervul was beteken nie dat dit vervul was nie. 

‘n Soortgelyke beswaar tot ons bewering maak die aanname dat omdat ‘n konklaaf op Maart 2013 plaasgevind het is dit genoeg bewys dat Benedik se bedanking geldig was.

Hoegenaamd nie. Eerstens, beteken die samekoms van die Kardinale in Maart 2013 nie dat die konklaaf geldig was nie. Inderdaad, volgens Kerkwetgewing mag ‘n konklaaf nie bymekaar geroep word nie, indien die setel van Petrus nog beset is nie. Daarom beteken die geheime bymekaarkom van ‘n groep kardinale nie dat die konklaaf geldig is nie en vanselfsprekend kan ‘n konklaaf van twyfelagtige geldigheid nie gebruik word om Benedik se bedanking geldig te verklaar nie aangesien dit omsendbrief redenasie is. “Benedik se bedanking is geldig aangesien ‘n konklaaf plaasgevind het en die konklaaf is geldig omdat Benedik bedank het.” Ons moet eerder na Kerkwetgewing kyk. Kerkreël 188 sê dat Benedik se bedanking ongeldig was, as gevolg van ‘n wesenlike fout, so enige konklaaf wat plaasgevind het terwyl hy nog lewe is ongeldig.

‘n Ander beswaar teenoor ons bewering: Benedik het ‘n beroep vir ‘n konklaaf gemaak in sy Bedankingsdaad, daarom moes hy bedank het.

Glad nie. Volgens Kerkwetgewing, moes Benedik die ‘munus’ afsweer om dit geldig te maak. Dit het hy nie gedoen nie. Verdermeer, aangesien hy nogsteeds in besit van die Setel van Petrus was, kon hy nie volgens goddelike wetgewing ‘n beroep vir ‘n konklaaf maak nie, solank as wat hy nog lewe.

Ja, hy het hiertoe ingestem, maar dit het geen seggenskap oor die ongeldigheid van sy afswering nie, aangesien die ‘munus’ van die bedanking stelling afwesig was.

Ons dui uit ‘n ander fout van die verdedigers van Bergolio wat sê dat Benedik op so ‘n wyse bedank het, dat deur om ‘n konklaaf bymekaar te roep dui dit uit sy bedoeling om te bedank. Maar iets so belangrik soos ‘n bedanking kan nie betroubaar op bedoeling beoordeel word nie. Wie sal die bedoeling kan oordeel? Kerkwetgewing maak geen voorsiening om enigiemand volgens bedoeling te beoordeel nie. So ‘n proses sal kwadelik en onsigbaar vir die wêreldwye Kerk wees. Bedoelings maak nie die amp onbeset nie. Woorde word benodig. Soortgelyk maak die bedoeling om die aktiewe bediening prys te gee nie die amp onbesitlik nie.

Verskeie mense wonder hoe streng Kerkwetgewing toegepas moet word. Hulle denke is. “Benedik het beplan om te bedank en die Heilige Gees was daar. Alles het uitgewerk. Ons het ’n nuwe Pous en alles is goed. ‘n Mens behoort nie in die strengheid van die wet vasgevang te word nie. Ons sê Wees versigtig. Die Heilige Gees gee geen kwytskelding vir die verontagsaming van die wetgewing nie. Ontwyking van wetgewing is ‘n menslike daad – nie ‘n daad van die Heilige Gees nie.

So, ‘n fundamentele vraag is: hoeveel regtelike onbuigsaamheid moet toegepas word aangaande die regsproses wat verandering aan die Pousskap bring? Ons kan insae hieroor kry deur om na ‘n soortgelyke voorbeeld vanuit ‘n heeltemal ander oord te kyk. Ek is ‘n sakeman wat in ‘n besigheid werk wat kliniese toetse bestuur vir nuwe medisyne wat vervaardig word en deur ‘n farmaseutiese maatskappy uitgetoets word.

Die hoofgids in enige kliniese toetslopie is die kliniese protokol. Net soos Kerkwet eeue lank geredigeer en aangepas was, word die voorskrifte maande lank geredigeer en aangepas deur kenners met MDs, PhDs, statistiekusse en verskeie profesionele.

Dit word as noodsaaklik aanskou dat die voorskriftee streng en onbuigsaam tydens, voor en na  die uitvoering van die kliniese toetslopie toegepas word. Voor en gedurende die uitvoering van die kliniese toets stuur ons raadgewers uit na die kliniese werwe wie se werk dit is om seker te maak dat daardie werwe aan elke deeltjie van die protokol voldoen. ‘n Raadgewer sal een, twee of drie dae by die werf deurbring en sal die rekord houding noukeurig deurgaan om te vesesker dat protokol nagekom word. Slegs die geringste afwyking van die protokol word met volle deursigtigheid genotuleer. Die farmaseutiese maatskappy moet die impak vasstel en sekere dele van die kliniese toets oordoen indien dit nodig bevind word. Al hierdie inligting word deeglik gedokumenteer in voorbereiding van ‘n moontlike oudit van die Voedsel en Dwelmmiddel Beheerliggaam. Indien die beheerliggaam enige ernstige onreëlmatighede vind, kan goedkeuring vir die dwelmmiddel geweier word wat die Sponser $100 miljoen of meer uit die sak kan jaag.

Behoort die prosedure om God se Kerk te bestuur nie strenger toegepas word as die wat vir kliniese toetslopies gebruik word nie? Het Kerkwetgewing nie uit pynlike geskiedkundige tekortkominge ontstaan nie? Indien daar ‘n Pouslike afswering is, behoort daar dan nie ‘n kommisie van Kerkwetgewing kenners te wees wat onmiddelik bymekaar uitkom om die dokument en die omstandighede rondom die gebeurtenis vir enige onreëlmatighede te analiseer nie? Behoort hulle nie met deursigtigheid aan die wêreld wye Kerk verslag te lewer van enige onreëlmatighede nie?  Hoekom het dit nie gebeur toe Benedik bedank het nie? Toe Kardinaal Godfried Danneels in sy autobiografie verslag gelewer het dat ‘n groep kardinale wat hulleself die St. Gallen Mafia noem stemme vir Bergolio gewerf het en saamgespan het om Kardinaal Jorge Bergolio te verkies, - in streng skending van bekende konklaaf prosedure met ‘n straf van ‘n banvloek vir oortreders - waarom was dit toegelaat om sonder regstelling plaas te vind? Waar was die oorsigtelike beheerliggaam?

Moeder Maria, Hemelse Koningin het in die Kerk goedgekeurde profisieë van ons Vrou van Goeie Sukses die noodsaaklike antwoord voorsien. Tydens die vroeë 17de eeu, het sy vir Moeder Mariana gesê dat aan die einde van die twintigste eeu – wat ons tydperk insluit- sal die Vrymesselaars in bewind wees en, ongeregtelike wetgewing afdwing met die doel om die Sakramente af te skaf (verwysing na die Sakrament van die Huwelik) en dit vir almal maklik te maak om in sonde te lewe en die voortplanting van buitegtelike kinders sonder die seëning van die Kerk voort te bring. Laastens stem hierdie boodskap volkome ooreen met die Derde Geheim van Fatima waar sy gesê het dat “Satan in die plekke van hoogste gesag sal regeer en dit sal regkry om tot bo in die Kerk te infiltreer.” So dit is redelik om tot die slotsom te kom dat die Vrymesselaars in beheer van die Vatikaan is en dat hulle doelbewus Kerkwetgewing geignoreer het of daarvan afgesien het om hulle man te verkies. Waarom moet daar met die onreëlmatighede moeite gemaak word? Gaan voort asof alles normaal is, Daarom ten spyte van verskeie versoeke om hierdie sake aan te spreek sien ons geen ernstige pogings om dit te doen nie. In vervulling van Maria se waarskuwing het twee bose wetgewings uitgekom wat wegdoen met die Sakrament van die Huwelik. 1) Bergolio se aanvaarding van hertrou nadat daar geskei was in Amoris laetitia en 2) Bergolio se aanvaarding van voorbehoedmiddels, die groot verwoester van die huwelik.

As Christene is ons verplig om die tekens van die tye te lees. Ons weet deur Geloof dat Jesus altyd getrou sal wees en ons altyd ʼn getroue herder as Sy Verteenwoordiger sal gee. Dit is egter geen oordrywing om te sê dat wat ons sien ʼn sterk teken is dat hierdie man wat dink dat hy die Pous is in der waarheid glad nie die Pous is nie, aangesien hy soos iemand optree wat nie die gawe van Petrus se amp ontvang het nie.

Gebeure wat die pouslike amp omring sal aanhou om te versleg. By ‘n sekere punt, wanneer dit lyk of alles verlore is, het Maria belowe dat die die Kerk “op ‘n wonderbaarlike wyse” sal herstel. Soos hierdie regeringstelsel verder ontvou word, is daar miljoene wat bid dat dit gou moet gebeur. Sy kan dit regmaak. Ons kan dit nie alleen doen nie. Ons kan egter deur gebed die grondslag neerlê vir haar uiteindelike ingryping veral deur die Rosekrans te bid en heldhaftige dade te doen. Intussentyd betaam dit ons om aan die ware pous getrou te bly. Om getrou aan ‘n skismatikus en ketter te wees maak jouself ‘n skismatikus en ketter. 

Ons sluit af met ‘n gebed vir Pous Benedik XVI – in die naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees, Amen. Almagtige en ewige God ontferm U oor U dienaar, Benedik U verteenwoordiger op Aarde, op die weg van ewige verlossing vir die hele Kerk. Met U gawe, mag hy altyd dit begeer wat verblydend vir U is en mag hy dit met al sy krag bereik, deur Christus Onse Here. Amen.

Vraag: e-pos my na brian@godsplanforlife.org